HERMANUS - 1 Day Festiva DEC 2009

Bands:
Dirty Skirts, Sugardrive, Die Heuwels Fantasties, Van Coke Kartel
7th Son, Hot Water, Heroes Wear Red, Napalma, Akkedis, Reburn
Review:
Musiek weerklink
Om 10 van Suid-Afrika se top-musiekgroepe saam op een verhoog te hê, is enige musiekliefhebber se droom. Vir toeskouers by die Forbidden Fruit Music Festival wat by die Hoërskool Hermanus gehou is, was dit ’n werklikheid. Groepe soos Reburn, Akkedis en Napalma het die dag vroegmiddag afgeskop en is gevolg deur 7th Son en Van Coke Kartel, net om ’n paar te noem.
Na Van Coke Kartel, het Heroes Wear Red op die verhoog verskyn en dit behoorlik aan die brand gesing. Die gehoor het dit beslis geniet en elke woord saam met Tim Kroon, Heroes Wear Red se hoofsanger, gesing. Na hul optrede was daar ’n paar minute van stilte en mens kon die energie in die lug voel toe die skare tekere gaan: “Heuwels Fantasties!, Heuwels Fantasties!,
Heuwels Fantasties!”. Die Heuwels het toe opgetree met ou en nuwe treffers soos “Vinger Alleen” en “Pille vir Kersfees”. Die toeskouers het behoorlik mal gegaan. Hulle het afgesluit met hul liedjie 18 “Die Vraagstuk”, ‘n duet saam met Jack Parow. Toe
hul klaar is het Mr. Parow almal verras deur sy nuwe liedjie “Cooler as ekke” te sing. Daarna het Sugar Drive die skare vermaak. Die mense het rondgespring op die maat van die musiek. Sugar Drive is gevolg deur Dirty Skirts, ‘n rock-band al die pad vanaf die Moederstad. Met hulle rock-musiek en unieke elektronies klanke, het dié aand beslis op ‘n hoogtepunt geëindig. Ferdinand Rabie, voormalige Big Brother-wenner wat die konsert gereël het, sê die aand was uitstekend, maar “die resessie is beslis hier”. Hy sê verder die mense het hulself baie geniet en hy is baie dankbaar teenoor die gemeenskap van Hermanus en die munisipaliteit wat hom gehelp het waar hulle kon. Vir ’n eerste konsert in Hermanus het dit redelik goed verloop. Ons hoop op meer voete volgende jaar.
Kobus Galloway