BLOEMFONTEIN - 1 Day Festival APRIL 2010

Bands:
Prime Circle, Jack Parow, aKing, Ballyhoo, Anton Goosen
Bok van Blerk, Nikki, Collin Str, Lemon Grass, Grey College Boereorkes

Review:
Ferdinand Rabie en die organiseerders van die Forbidden Fruit Festival wil graag die gemeenskap bedank vir die ongelooflike goeie ondersteuning! ‘n Spesiale dankie aan al ons borge wat gehelp het om die fees moontlik te maak wat OFM, Checkers, SAB, Oranje Printers en City Lodge insluit. Met hul ongelooflike bydraes kon ons verseker dat net die beste kwaliteit musiekfees aangebied kon word! 
Dit is ‘n eerste vir Bloemfontein:  ons het 2000 mense daar gehad en dit is moontlik gemaak deur die wonderlike samewerking van almal wat betrokke was en die publiek wat ons ondersteun het.
Frans Burger van NID sekuriteit het met die toestemming en samewerking van die munisipaliteit, plaaslike polisie en die opsigters van die ABSA Oval (UFS) verseker dat ons fees deur die regte wetstoepassing aangebied kon word. Dit is met groot trots dat ons kan sê dat ons kunstenaars soos “royalty” hanteer was en ons gaste in ‘n skoon en veilige omgewing kon fees hou! 
‘n Spesiale dankie aan Checkers wat al ons kunstenaars se etes voorsien het, en met ongelooflike gasvryheid ons gaste soos VIP’s laat voel het! 
Dit is ook vir ons ‘n groot voorreg om te kan teruggee aan die gemeenskap, en daarom het ons die welsynsoganisasie, VIR ONS KINDERS gekies om te baat uit die fees. Ons het ook vir hulle die geleentheid gegee om fondse in te samel deur hul kosstalletjies wat heerlike boereworsrolle en kerrie en rys verkoop het. 100 kinders het gratis kaartjies ontvang en kon die dag saam met ons geniet. Dankie aan die huis wat hulp verleen het met die opsit van plakkate en die reël van skoonmakerst om die terein skoon te hou. 
Ons het groot waardering vir almal se bydrae en kan nie wag om te sien wat volgende jaar vir ons inhou nie!
Email:
View our
         event bands
About the charity
          for this event
email: info@4biddenfruit.co.za

cell: 082 851 9999